Die Oukloof Erfenis

“Niemand ken die geskiedenis van ons mense wat hier gekom sit is nie. Die rede hoekom daar niks van ons in die museum of toerismesentrum is nie is omdat ons niks is in hulle oë nie. Ons is soos die kaf wat op die koring is. As die wind waai, waai dit die kaf weg en los net die korrel. Dis hoe die Ouklowers weggewaai is. Die kaf is weg, en hulle het die koring.”

– Gertruida Swarts

“Ons het op daardie grond geboer soos die boere vandag boer. Ons kon enige iets plant van vrugtebome tot groentetuine. Ons het diere gehad. Ons kon eet en drink uit daai grond. Maar hier kan ons niks doen nie.”

– Anna Matala

“Ons het vas geglo dat Oukloof aan ons behoort. Die grond het nie miskien aan ons behoort nie, maar dit was ons huis. Ons het die huise gebou. En die dag wat dit toe kom dat ons ook moet uit Oukloof uit, toe was dit bitter, bitter. Niemand van ons het so ’n dag voorsien nie.”

– Maria Appollis

“Vandag as ek in Hermonweg ry, soos ek in die dorp inkom, dan kyk ek na die area waar die wingerd nou is en wonder hoe ons sou geleef het as ons daar kon gebly het. Somtyds vat ek my kleinkinders op met Kloofstraat, dan staan ons daar en kyk. Ek wys vir hulle waar ons gespeel het en waar ons huis was. Daardie herinneringe sal my nooit verlaat nie.”

– Petrus Manuel

Ons Visie

Ons visie begin met die visie van die Ouklowers – die oorlewende lede van die Oukloof-gemeenskap is met geweld in 1965 uit hul huise verwyder. Hul vasberadenheid om hul storie op te teken en die stilte oor die geskiedenis van Oukloof hier in Riebeek Kasteel in die Riebeekvallei te breek het ons in 2018 geïnspireer om dit te help maak.

Lees meer…

Kontak Ons

<iframe src="https://www.google.com/maps/embed?pb=!1m18!1m12!1m3!1d26652.50592128606!2d18.8830564147644!3d-33.38246688549904!2m3!1f0!2f0!3f0!3m2!1i1024!2i768!4f13.1!3m3!1m2!1s0x1dcd21f8bdd841cb%3A0x2b6b665cfcbda0fc!2sRiebeeck+Kasteel%2C+7300!5e0!3m2!1sen!2sza!4v1537559970052" width="400" height="300" frameborder="0" style="border:0" allowfullscreen></iframe>