1968
Erf 216, die Oukloof lokasie, word op 1 Augustus van die Dorpsbestuur na die NG Kerk oorgedra vir R250.
Volgens die 1966 sendingkerknotules word dit bespreek om die kerkeiendom aan Gemeenskapsbou te verkoop.
Volgens die NG Kerkraadsnotules word dit bespreek om die sendingkerkeiendom van Gemeenskapsbou te koop, voor dit in ander hande val. Dit in onbekend of hulle die eiendom op die ou end wel gekoop het. Daar is ook geen rekord beskikbaar oor wanneer die sendingkerk gesloop is nie.
[Gemeenskapsbou was deel van die Departement van Kleurlingsake onder die Apartheidsregering.]
Die aktes van die Sendingkerk (erf 201) is as volg:
- 1971 – Erf 201 word deur ’n privaat eienaar gekoop.
- 1984 – die erf word verdeel in erf 201 en erf 564.
- 1988 – erf 201 word aan ’n privaat koper verkoop en erf 564 aan die Vlok-familie, wat ook erf 216, Oukloof, besit
- 1992 – Die vlok-familie besit beide erf 564 en erf 201.
Verwysings:
The Surplus People’s Project Oukloof Land Claim 1997
NGK Archives: GEM-K2797
Windeed