1966 (Deel 2)

’n Jaar na die verskuiwing na Esterhof toe, bly die Swartz-gesin in ’n 2-vertrek huis met hul twee kinders, maar na die moord van ’n familielid moet hulle vier kinders inneem.

Nadat Willem America se pa gearresteer is vir die moord op sy vrou, was hy en sy drie susters sonder ouers. Die Swartz-gesin moes nou na hulle omsien, maar hulle huis was te klein. Nicolaas Swartz het ’n ekstra “hok” in sy erf aangebou om die kinders blyplek te gee.

Nicolaas het hieroor aan die Dorpsbestuur geskryf nadat ’n inspekteur om aangeraai het om vir ’n groter huis aansoek te doen en omdat die hok nie toelaatbaar was nie.

In ’n brief van Mnr Andries Smit van die Dorpsbestuur blyk dit dat hy bewus is van die saak, maar die details verkeerd het. Hy verduidelik dat daar nie ’n ander huis beskikbaar is nie en da oorbewoning ’n oortreding van die huurkontrak is en dat die hok afgebreek moet word.

Verwysing:
Cape Town Archive Repository: KUS 1/82 5/2/1F304