Historiese Tydlyn
1964 tot 1997
Om ’n chronologiese oorsig van die geskiedenis van Oukloof en sommige van die gebeure wat na die gedwonge verskuiwing en vestiging van Esterhof gelei het te besigtig, rol asseblief deur die tydlyn onder. Argiefdokumente is voorsien om tot Oukloof se verhaal by te dra.
’n Nuwe kaart van die kleurlingbehuisingskema lyk dieselfde as die een van 1963, behalwe dat die poskantoor en polisiekantoor nou verwyder is.
Die provinsiale administrasie keur die vestiging van ’n nuwe kleurlinggebied op erf 376 wat aan die anderkant van die spoorlyn geleë is (Uitbreiding 2) goed.
Die grond waarop die nuwe kleurlingwoonbuurt gebou is, word amptelik van die NG Kerk aan die Dorpsbestuur oorgedra. Die kleurlinggemeenskap woon nou reeds vir ’n jaar hier. Die grond is op hierdie stadium gewaardeer vir R3500.
’n Jaar na die verskuiwing na Esterhof toe, bly die Swartz-gesin in ’n 2-vertrek huis met hul twee kinders, maar na die moord van ’n familielid moet hulle vier kinders inneem.
Erf 216, die Oukloof lokasie, word op 1 Augustus van die Dorpsbestuur na die NG Kerk oorgedra vir R250.
Die NG Kerk verkoop erf 216 (die Oukloof lokasie) aan boer Adriaan Johannes Vlok vir R2250.
56 eisers dien ’n grondeis in by die Grondeiskommissie in 1997. Met die hulp van die Surplus People’s Project kry voormalige Ouklowers al die nodige dokumentasie om te bewys dat hulle eens op ’n tyd in Riebeek-Kasteel gewoon het.