1963
Die voorgestelde uitleg van die nuwe kleurlingwoonbuurt word deur die Departement van Behuising aan die provinsiale administrateur vir verdere goedkeuring gestuur. Alhoewel daar voorsiening op die kaart gemaak word vir ’n gemeenskapsentrum en ontspanning, word daar gevra waarom daar net een ingang na die woonbuurt is.
Die kaart wys:
- 144 huise gaan gebou word;
- 1 park en 1 sportsveld;
- 4 winkels;
- 1 hotel;
- 1 kerk;
- 1 crèche;
- 1 gemeenskapsentrum met ’n kliniek;
- 1 poskantoor;
- 1 polisiestasie.
Volgens ’n 1965 gesondheidsverslag sal die huise in fases gebou word volgens hul grootte:
- 10 x 4-vertrekhuise;
- 22 x 3-vertrekhuise;
- 32 x 2-vertrekhuise;
- Al bogenoemde huise sal sub-ekonomiese wees.
- Verder sal 3 ekonomiese huise gebou word.
- Die huise dal reg wees teen April 1965.
- Sodra die huise voltooi is, sal die kleurlinggemeenskap daarheen verhuis en die huidige lokasie sal gesloop word.
- Rakende die wynkelder: iets sal omtrent die vlieë gedoen moet word en ’n verdere inspeksie sal gedurende die reënseisoen gemaak word.
’n Brief van 1964 dui aan dat die provinsiale administrasie kennis neem dat die nuwe woonbuurt nie ’n dorpsuitbreiding is nie, maar wel ’n kleurlingbehuisingskema.
Ouklowers vertel dat baie van die voorgestelde fasiliteite nooit opgerig is nie, soos die winkels, die polisiestasie, die hotel/hostel, die kliniek en die gemeenskapsentrum. Dit is slegs na 1994 dat ’n kliniek en gemeenskapsentrum in Esterhof gebou is.
Vandag is daar nog steeds net een ingang oor die spoorlyn van Riebeek-Kasteel na Esterhof toe en dis ’n grondpad van die Ooste af. So ’n uitleg kan vergelyk word met baie ander bruin en swart nedersettings wat tydens die Apartheidsjare gebou is, waar daar slegs enkele toegangspaaie is.
Verwysings:
Cape Town Archive Repository: CDC 597 G7/493/1
Cape Town Archive Repository: CDC 597 G7/493/1