1962
Gesondheidsverslag van die provinsiale gesondheidsdepartement:
Bevolking 1962:
Blank: 450
Kleurling: 550
In die lokasie word bevind:
- 52 huise van baksteen, sement, rou stene, hout en sink.
- ’n Huur van R2 per jaar word aan die Dorpsbestuur betaal.
- ’n Groot gedeelte van die huise is ongeskik vir menslike bewoning.
- Alhoewel meeste gesinne oor ’n eie latine beskik, het ander nie ’n gemakshuis nie, wat ’n gevaar vir beide die inwoners van die lokasie en die dorp inhou.
- Geen nagvuil- of huishoudelike vullisverwyderings word deur die Dorpsbestuur onderneem nie.
Verskeie witmense, meestal boere, besit huise in die lokasie wat aan kleurlingwerkers verhuur word. Mnr JN van Niekerk van Môreson is een van die eienaars wat ’n blok bestaande uit ses skakelhuise besit. Hier wordegter slegs twee bouvallige sink putlatrines verskaf en dit word aanbeeel om met ses behoorlike emmerlatrines vervang te word.
Ander aanbevelings vir beide die wit en bruin eienaars is dat:
- ’n behoorlike emmerlatrine met ’n vliegdigte sitbank en sementvloer gebou word by elke woning wat nog nie so ’n gerief besit nie;
- ten minste een standaard vullisdrom by elke woning aangebring word;
- Rommel rondom die huise opgeruim word.
Erf 333 (ou lokasie) word by die aktekantoor geregistreer.
Op 9 Februarie 1962 verskyn ’n artikel in Die Burger wat Riebeek-Kasteel se nuwe groepsgebiede as Riebeek-Kasteel A, ’n blanke woongebied, en Riebeek-Kasteel B, ’n kleurlingwoongebied aandui.
Verwysings:
Cape Town Records Centre: SGD 163 2/4/124
NGK Argief: GEM-K 2803
Cape Town Archives Repository: ACLT 781 15400/266