1960 (Deel 2)
’n Brief van die Departement van Kleurlingsake aan Mnr Esterhuysen sit die stappe wat gevolg moet word vir die proklamasie van die nuwe kleurlingwoonbuurt uiteen:
- Die interne beplanning van die gebeid en die goedkeuring daarvan deur die Provinsiale Administrasie.
- Aansoek by die Nasionale Behuisingskantoor om ’n behuuisingslening.
- Drie maande moet aan die inwoners gegee word om te ontruim.
- Die nuwe area moet as ’n uitbreiding van Riebeek-Kasteel beskou word.
Aan die einde word die name van die vooraanstaande kleurlinge wat klaarblyklik gesê het dat hulle uitsien na die trek gevra.
(Geen argiefdokumente met hierdie name kon gevind word nie. Dis onduidelik of so ’n dokument bestaan.)
Verwysings:
Cape Town Records: KUS 388 85/5/260
Surplus People’s project land claim 1997