1958

Erf 333 (die ou lokasie) verkry toestemming om ’n blanke-area te word. Gedurende hierdie tyd woon kleurlinge nog steeds daar. Die grond word opverdeel in 26 erwe, goedgekeur en as ‘n wit uitbreiding geregistreer as Uitbreiding 1.

Daar is ook toenemende druk van die wit gemeenskap om die kleurlinge te skuif en die Groepsgebiederaad noem dat hulle steeds wag dat die Dorpsraad met idees vir ’n nuwe kleurlinglokasie vorendag kom.

Die Dorpsraad weer sê aan ’n gesondheidsbeampte dat hulle nie kan verstaan wat die vertraging van die Departement van Kleurlingsake en Groepsgebiede se kant af veroorsaak nie.

Verwysing:
Cape Town Records Centre: SGD 163 2/4/124
Cape Town Records Centre: KUS 388 85/5/260
Surplus People’s Project Oukloof Land Claim 1997