1957
Bevolking
Blank: 422
Kleurling: 503
Naturel [swart]: 2
’n Lywige gesondheidsverslag van die Gesondheidsdepartement beskryf die huidige behuising in die lokasie as onaanvaarbaar en beveel aan dat ‘n nuwe behuisingskema onmiddellik op die grond onderkant die dorp wat deur die Dorpsbestuur aanbeveel word te bou.
Met ’n nuwe Dorpsbestuur in plek, gaan ‘n inspeksie na die voorgestelde areas vir die nuwe kleurlinggebied nie na wense nie.
Die inspekteur van Kleurlingsake, Mnr Pretorius, is nie tevrede nie om die volgende redes:
- Dit is te ver van die dorp en naby aan die wynkelders.
- Werkgewers kla reeds oor dronkenskap.
- Die kleurlinge het alreeds te kenne gegee dat hulle nie bereid is om hulle daar te vestig nie, omdat dit te ver is en die grond nat en sleg is.
- Toe die betrokke grond voorheen te koop was, was daar geen aanbod nie.
- Die grond word baie nat in die winter en is nie geskik vir tuinbou of sanitasie nie.
- Die wynkelders het ‘n vuilwaterskema (“moerwater”) net langs die stuk grond met ‘n onaangename reuk.
- Die enigste aantreklikheid is die moderne en goedingerigte kleurlingskool langsaan.
Die inspekteur beken dat die huidige lokasie, geleë in ‘n nou vallei, nie genoeg ruimte vir uitbreiding bied nie, en dat die aangrensende plaas uitvoerdruiwe verbou. Hy beveel ’n alternatiewe area noordoos van die dorp aan om die nuwe kleurlinggebied te word. Die Dorpsbestuur kan ’n nuwe behuisingskema beswaarlik bekostig, maar is onder druk van die wit inwoners. Die Dorpsbestuur oorweeg dit om grond aan die oostekant van die dorp en spoorlyn van die NG Kerk te koop, klaarblyklik op aansporing van ’n invloedryke ondersteuner van die kerk.
Die Dorspraad antwoord as volg:
Hulle stem saam dat die voorgestelde area nie in almal se guns val nie, maar die vorige Dorpsbestuur het ’n kontrak in plek [met die NG Kerk]. Die nuwe Bestuur stem egter met Mnr Pretorius saam. Die nuwe Bestuur het ’n ander stuk grond, wat aan Mnr van Niekerk behoort, in die oog.
In die tussentyd word Oukloof groter maar geen verbeteringe word gemaak nie. Die 1957 gesondheidsverslag beskryf die area as onwenslik.
Die area is oorbewoon – daar’s geen spasie vir uitbreiding nie.
Die area gaan as ’n Blanke gebied verklaar word.
Die nuwe behuisingskema moet so gou as moontlik op die aangekope grond aan die onderkant van die dorp gebou word.
Daar’s baie druk vanaf die wit inwoners om die lokasie te verskuif, om die huidige huise te sloop en die bou van nuwe huise te verbied.
Verwysings:
Cape Town Records Centre: KUS 288 85/5/260
Cape Town Records Centre: KUS 388 85/5/260