1954 (Deel 2)

Die nuwe skool vir kleurlingkinders, bekend as die NG Kerk Laerskool van Riebeek-Kasteel, word op 6 Februarie 1954 geopen deur ‘n vooraanstaande lid van die wit gemeenskap, Mnr JJ Esterhuysen, die skoolhoof van die wit skool. Mnr Africa bly aan as die hoof van die kleurlingskool. Die nuwe skool het twee klaskamers gehad en kon nou meer kleurlingkinders van die nabygeleë plase akkommodeer.

Die skool word later hernoem na die Meiring Laerskool.

Verwysing:
Sendingkerknotules