1954 (Deel 1)
Die Dorpsbestuur bied die NG Kerk die grond waarop die huidige lokasie (Oukloof, erf 216) geleë is aan, in ruil vir ’n stuk grond aan die anderkant van die spoorlyn, naby die skool, vir die voorgestelde nuwe kleurlingwoonbuurt.
Volgens die NG Kerkraadnotules:
“Die grond aangebied in ruil is minder dan die benodig, anderkant [die] spoor, maar die verwydering van alle kleurlinghuise sal die aangrensende kerkgrond, die Ou Lokasiegrond, se waarde verhoog. Met dit in gedagte en met die oog op samewerking tot die verkry van aparte woonbuurtes vir Blank en nieblank, voel [die] Kerkraad geneë daartoe en keur [die ruiling] dus in beginsel goed.”
Eerwaarde Venter, wat toe die predikant van die Sendingkerk was, stuur ‘n brief van waardering aan die Moederkerk vir hul hulp om die nuwe kleurlingskool te bou, en vra ook vir donasies om die gewels wat tydens ‘n storm in Oukloof omgeval het, te herstel.
Verwysing
NGK Argief: GEM-2796, GEM-K 2801
Sendingkerknotule