1953 (Deel 1)
Die Sendingkerkraad bespreek die moontlikheif om by die provinsiale administrasie aansoek te doen vir addisionele klaskamers vir die kleurlingskool, wat toe nog in die klein sendingkerk in Oukloof was. Die voorsitter dui aan dat hy samesprekings met die Moederkerk hou en dat laasgenoemde grond wil skenk vir ’n nuwe kleurlingskool.
Die NG Kerk dra gratis ‘n stuk grond n (erf 133) van 2 1/2 morg (ongeveer 5 akkers of 2 Ha) aan die ander kant van die spoorlyn oor aan die Binnelandse Sendingkommissie om ‘n nuwe kleurlingskool te bou namens die Sendingkerk van Riebeek-Kasteel, sowel as ekstra grond as sekuriteit vir ‘n lening van die Provinsiale Administrasie om die skool te bou. Die nuwe skool is net oor die twee kilometer weg van Oukloof.
Verwysings:
Cape Town Records Centre: SGD 163 1/4/124
Surplus People’s Project Oukloof Land Claim 1997
NGK Archives: GEM-K2796
Mission Church minutes