1951 (Deel 2)
In ’n brief aan die Gesondheidsdepartement skryf die Dorpsbestuur dat twee kleurlinge aan Tuberkulose (tering) gesterf het.
Alhoewel daar geen aparte fasiliteite in die lokasie bestaan vir sulke gevalle nie, word die teringgevalle blameer op die kleurlinge self – hulle sien nie behoorlik na hulle gesondheid om nie. Die Dorpsbestuur beoog om ’n geregistreerde verpleegster aan te stel vir die kleurlinggemeenskap. Hulle skryf ook dat alhoewel die behuising in die lokasie nie na wense is nie, die kleurlinge nie in staat sal wees om selfs die minimum huur van ‘n behoorlike behuisingskema te dra nie.
Die naaste kliniek en dokter vir Riebeek-Kasteel gedurende hierdie tyd was in Riebeek-Wes, vyf kilometer weg. Vir die wit gemeenskap wat karre gehad het, was dit nie te ver nie. Die dokter het ook huisbesoek gedoen. Maar die Oukloofgemeenskap het nie karre in die 1950s besit het nie en slegs ’n paar het donkiekarre gehad, so hierdie tog was moeilik. In die Oukloofgemeenskap het vrouens soos Ouma Eva Claasen en Maria Valentyn as vroedvroue opgetree. Dis onbekend of hulle formeel geregistreerd was, maar hulle het die rol van “baba-vang” vervul, veral gedurende die nag wanneer kleurlingvroue nie na Riebeek-Wes kon reis nie, of ‘n verpleegster nie kon uitkom nie. Baie van hierdie babas was die Ouklowers wat tydens die projek onderhoude mee gevoer is.
Verwysing:
Cape Town Records Centre: SGD 163 2/4/124 1951 Health Report