1951 (Deel 1)

Tien jaar nadat die oorspronklike besprekings rakende ’n formele behuisingskema vir Oukloof begin is, is daar nog geen vordering gemaak nie. Die Dorpsbestuur begin nou ondersoek instel om die gemeenskap na ‘n totaal nuwe area te verskuif.

Dorpsbestuurnotules van ’n vergadering op 29 November 1951:

“Uitbreiding van Lokasie: siende dat die huidige lokasie nie meer spasie het nie en dat dit nie moontlik is om verder uit te brei nie, bespreek die Bestuur die wenslikheid om ‘n ander stuk grond te bekom, en die sekretaris is gevra om weer met die Kerkraad in verbinding te tree insake grond waaroor besprekings tussen die Grondkommissie, die Kerkraad en die Dorpsbestuur reeds gehou is.”

Verwysing:
Surplus People’s Project Oukloof Land Claim 1997