1950
In April 1950 word die Groepsgebiedwet deur die Apartheidsregering van Suid-Afrika ingestel. Die wet poog om rassegroepe, veral blankes van nie-blankes, van mekaar te skei in verskillende woongebiedsones. Owerhede het diegene wat as nie-blanke geklassifiseerd was uit hul woonplekke verwyder en verplaas na die buitewyke van stede en dorpe, en sodoende gemeenskappe opgebreek. Die wet het ook beperkinge op die beweging van swart-, Indiër- en kleurlingmense geplaas.
Die Sendingkerkraad bepreek die behuisingsprobleem van Mnr Africa, wat ’n huis by Mnr Laubscher in die wit area van die dorp huur. ’n Stuk grond word aan die Sendingkerk deur die Moedergemeente geskenk om ‘n nuwe huis naby Oukloof vir Mnr Africa te bou. Boumateriaal word ook verskaf.
Verwysing:
Sendingkerknotules