1949 (Deel 2)

Die NG Kerkraad ontvang ’n versoek van die Sendingkerk in verband met die groeiende Ou Apostoliese gemeente in Oukloof, maar sê dat alhoewel hulle simpatie het, hulle niks daaromtrent kan doen nie.

In ongeveer 1948 het die Koopman-gesin van Riebeek-Wes na Oukloof getrek. Volgens Maria Appollis het haar vader Cornelius Koopman die eerste Ou Apostoliese kerk in die gemeenskap gestig en sy huis vir kerkdienste gebruik. Die Koopman-gesin beskryf hoe Dominee Venter en ander kerkleiers verskeie kere met hul ma kom praat het om eerder by die NG Sendingkerk te kom aansluit. Selfs die Dorpsbestuur het betrokke geraak deur ’n brief aan Mnr Koopman te stuur waarin gesê is dat die kerk as onwettig deur die Dorpsraad beskou word.

Verwysing:
NGK Argief: GEM-K2796