1948
Die sendingkerk van Riebeek-Kasteel word amptelik as onafhanklike van Riebeek-Wes verklaar. Die aankondiging word voor ’n groot samekoms van kerkleiers en die gemeente gedoen. Die sendingkerk kan nou sy eie predikante aanstel.
Alhoewel die Sendingkerk van Riebeek-Kasteel nou sy eie besluite kon maak, het dit steeds toestemming van Riebeek-Kasteel se Moederkerk benodig. Die Sendingkerk was toegelaat om sy eie predikant aan te stel, maar dit was die Moederkerk wat die finale toestemming moes gee. Die Moederkerk het ook helfte van die salarisse van die kerk en die skool betaal. Die predikant vir die Sendingkerk was altyd ’n wit man.
Verwysing:
NG Sendingkerknotules
Onderhoude