Historiese Tydlyn
1944 tot 1950
Om ’n chronologiese oorsig van die geskiedenis van Oukloof en sommige van die gebeure wat na die gedwonge verskuiwing en vestiging van Esterhof gelei het te besigtig, rol asseblief deur die tydlyn onder. Argiefdokumente is voorsien om tot Oukloof se verhaal by te dra.
’n Vergadering word gehou om die kleurling Riebeek-Kasteel Sendingkerkgemeente onafhanklik van die Riebeek-Wes gemeente te maak.
Die sendingkerk van Riebeek-Kasteel word amptelik as onafhanklike van Riebeek-Wes verklaar. Die aankondiging word voor ’n groot samekoms van kerkleiers en die gemeente gedoen. Die sendingkerk kan nou sy eie predikante aanstel.
Die NG Kerkraad ontvang ’n versoek van die Sendingkerk in verband met die groeiende Ou Apostoliese gemeente in Oukloof, maar sê dat alhoewel hulle simpatie het, hulle niks daaromtrent kan doen nie.
In April 1950 word die Groepsgebiedwet deur die Apartheidsregering van Suid-Afrika ingestel. Die wet poog om rassegroepe, veral blankes van nie-blankes, van mekaar te skei in verskillende woongebiedsones.