1944
’n Vergadering word gehou om die kleurling Riebeek-Kasteel Sendingkerkgemeente onafhanklik van die Riebeek-Wes sendinggemeente te maak.
“Die Ringskomissie, Ring van Malmesbury, het op 15 Mei 1944 saam met verteenwoordigers van die sendinggemeente, moederkerkraad en plaaslike sendingkommissie in die sendingkerk vergader. Riebeek-Kasteel is toe offisieel as sendingwerkring verklaar, apart van die sendinggemeente Riebeek-Wes, en direk onder toesig geplaas van die moederkerkraad, wat voorsiening sal maak vir die bearbeiding.”
Verwysing:
Sendingkerknotules