1942 (Deel 1)
Die NG Kerk stem in om die eienaarskap van Erf 216 (die lokasie) aan die Dorpsbestuur oor te dra, op voorwaarde dat dit ‘n lokasie bly en dat die nuwe behuisingskema vir kleurlinge daar gebou word. Die Dorpsbestuur moet ook ’n derde van die uitstaande skuld aan die Kerkraad betaal.
(Die Dorpsraad het in 1939 vir die eerste keer toestemming gevra om die nuwe lokasie as ‘n gratis geskenk van die NG Kerk te ontvang, maar die versoek is eers in 1941 toegestaan.
Die Dorpsraad het in 1929 vir die eerste keer toestemming gevra om die nuwe lokasie as ‘n gratis geskenk van die NG Kerk te ontvang, maar die versoek is eers in 1941 toegestaan.
Dit is op hierdie stadium wat die Dorpsbestuur die administrasie van Oukloof oorneem en met die Behuisingsraad in verbinding tree om ‘n nuwe behuisingskema op die gegewe grond te bou.
Die Dorpsbestuur stel ook nuwe waterregulasies vir die kleurlinggemeenskap bekend. Volgens onderhoude met die Ouklowers was hulle eers toegelaat om water by ‘n reservoir of fontein te gaan haal wat langs Oukloof geleë was, maar kort nadat die Dorpsraad oorgeneem het, kon hulle nie meer water daar gaan haal nie, maar by twee watertenks wat aan die buitewyke van die lokasie opgerig was. Kleurlinggesinne moes nou koepons koop om water te kry en die krane was slegs tydens sekere tye in die oggend of aand oop.
Rassespanning het ook begin toeneem. ’n Wit inwoner, Mnr Sadie, wat oorkant Oukloof gewoon het, het versoek dat die Dorpsbestuur nie meer land rondom sy eiendom aan kleurlinge toestaan nie.
Verwysings:
Cape Town Records Centre: SGD 163 2/4/124
Cape Town Archives Repository: PAS 2/771 L59H/C/16 ()
NG Kerkargief: GEM-K 2796
Surplus People’s Project Land claim 1997