1940

In antwoord op die gesondheidsverslag, verklaar die Dorpsbestuur die volgende:
“Die Bestuur het aansoek gedoen om ‘n lening vir ‘n Behuisingskema, maar die fonds was uitgeput.”
Daar is ook ’n dispuut met inwoners wat direkte toegang tot water het, maar dit nie wil deel met die Dorpsbestuur om sodoende dienste te verbeter nie.

Die NG Kerkraad besluit ook dat geen sektes in die lokasie (Oukloof) toegelaat mag word nie.

Oukloof was ’n NG Kerk Sendingstasie en dit wil voorkom of mense van ander gelowe of kerke nie in Oukloof mag gewoon het nie.

Verwywings:
Cape Town Record Centre: SGD 16301/4124
NGK Argief: Kerkraad notule 15 Julie GEM-K 2796