Historiese Tydlyn

1938 tot 1942

Om ’n chronologiese oorsig van die geskiedenis van Oukloof en sommige van die gebeure wat na die gedwonge verskuiwing en vestiging van Esterhof gelei het te besigtig, rol asseblief deur die tydlyn onder. Argiefdokumente is voorsien om tot Oukloof se verhaal by te dra.

1938

’n Gesondheidsinspeksie deur die Departement van Volksgesondheid verskaf die eerste gedokumenteerde indruk van Oukloof.

Lees meer…

1940

In antwoord op die gesondheidsverslag, verklaar die Dorpsbestuur die volgende:
“Die Bestuur het aansoek gedoen om ’n lening vir ‘n Behuisingskema, maar die fonds was uitgeput.”
Daar is ook ’n dispuut met inwoners wat direkte toegang tot water het, maar dit nie wil deel met die Dorpsbestuur om sodoende dienste te verbeter nie.

Lees meer…

1942

Die NG Kerk stem in om die eienaarskap van Erf 216 (die lokasie) aan die Dorpsbestuur oor te dra, op voorwaarde dat dit ‘n lokasie bly en dat die nuwe behuisingskema vir kleurlinge daar gebou word. Die Dorpsbestuur moet ook ’n derde van die uitstaande skuld aan die Kerkraad betaal.

Lees meer…

1942

’n Brief van die waarnemende adjunk gesondheidsbeampte noem weer die probleem van die dorp se gebrek aan sanitasie, veral ten opsigte van die lokasie.

Lees meer…