1933
Oukloof begin ontwikkel en geleidelik groei. ’n Handgeskrewe brief van die Dorpsbestuursraad aan die provinsiale regering vra toestemming om ’n aandklokreël vir kleurlinge in te stel, maar die versoek word afgekeur.
Antwoord:
“u Bestuur [besit] geen mag om regulasies te maak teneinde kleurling persone van die strate af te hou op sekere tye nie. Stappe in hierdie opsig kan egter gedoen word in die geval van naturelle.”
’n Aandklokreël vir kleurlinge is eers in 1948 in die dorp ingestel.
Verwysing:
Cape Town City Archive Repository: PAS 2/1033 L59H/A/4