1929

Die Dorpbestuursraad versoek dat Oukloof aan die Dorpbestuur oorhandig moet word, sowel as helfte van die inkomste van die eiendom, maar die NG Kerkraad stem nie saam nie.

Die Riebeek-Kasteel Dorpbestuursraad het in 1900 ontstaan en was verantwoordelik om dienste aan die dorp te verskaf soos sanitasie, toegang tot water, gesondheid en veiligheid, teen ‘n fooi.

Verwysing:
NGK Argief – GEM-K1929