Historiese Tydlyn

1924 tot 1934

Om ’n chronologiese oorsig van die geskiedenis van Oukloof en sommige van die gebeure wat na die gedwonge verskuiwing en vestiging van Esterhof gelei het te besigtig, rol asseblief deur die tydlyn onder. Argiefdokumente is voorsien om tot Oukloof se verhaal by te dra.

1924

Bouregulasies vir Oukloof (die nuwe lokasie) word ingestel.

Lees meer…

1928

“Lemeyer (sic) moet kennis kry dat hy sy afgebrande huis nie mag opbou nie….”

Lees meer…

1929

“Die Kerkraad kan nie instem met die wens van die Bestuur om die toesig oor die lokasie aan hulle af te staan, sowel as helfte van die inkomste nie.”

Lees meer…

1933

Oukloof begin ontwikkel en geleidelik groei. ’n Handgeskrewe brief van die Dorpsbestuursraad aan die provinsiale regering vra toestemming om ‘n aandklokreël vir kleurlinge in te stel, maar die versoek word afgekeur.

Lees meer…

1934

Planne word beraam om geld in te samel om ’n lykshuis vir die sendinggemeente te bou. Dit word deur Eerwaarde Bloem gereël, wat toe hoof was van die sendingkerk.

Aangesien daar geen elektrisiteit in Riebeek-Kasteel in die 1930s was nie, is die lykshuis so gebou dat dit koel binne bly, veral tydens die vallei se smoorwarm somers. Die lyke is net sowat ’n dag of twee voor die begrafnis vanaf die hospitaal na die lykshuis gebring.

Verwysing :
NGK Argief: GEM-K1929