1924
Die NG Kerk dra die eiendom erf 216 aan die Sendingkerk oor.
Bouregulasies vir Oukloof (die nuwe lokasie) word ingestel.
- Drie rye geboue sal opgerig word. Die buitenste ry aan die kant van Hermonstasie word vir kleurlinge gereserveer wat hul eie huise wil bou.
- Die middelste ry is bestem vir blanke gemeetelede wat erwe wil huur om huisies vir kleurlinge op te rig.
- Die binneste ry word gereserveer vir die kerkraad om daar te bou indien so besluit word.
- Al die geboue sal volgens vasgestede regulasies gebou word.
- Die bouplanne moet aan die dorpsbestuur voorgelê word.
- Al die geboue mag slegs deur kleurlinge bewoon word.
Volgens die Surplus People’s Project Oukloof se landseisverslag was Koenraad Skippers die eerste man wat vir ’n erf in die nuwe lokasie aansoek gedoen het.
Verwysings:
Regeringslandmeter
Surplus People Project Oukloof land claim 1997
NGK Argief: GEM-K 1929