1921

Samesprekings word deur die NG Kerkraad gehou oor die behoefte aan ’n sendingskool vir kleurlingkinders.

Die volgende witmense doen aansoek om erwe vir £10 onder in die lokasie te koop:
HJ Truter
J van Niekerk
W Kirsten
G du Plessis

Die ligging van Oukloof, of die Lokasie soos dit in argiefdokumente genoem word, is in die suidweste van Riebeek-Kasteel uitgelê. Volgens onderhoude wat met Ouklowers gehou is, het baie gesinne eers op plase of op stukkies grond in die vallei gewoon voordat hulle in Oukloof gaan woon het.

’n Ou lokasie met sinkhuisies bekend as Erdvarkgat, was noordwes van die dorp geleë, naby ‘n dam.

Daar was ook ’n ander ou lokasie vir kleurlinge (erf 333 of 319) wat alreeds langs erf 216 bestaan het. Dit was bekend as Die Rug. Verskeie kleurlinggesinne het hier gewoon voor die stigting van Oukloof. Die straat bekend as Van Riebeeckstraat was die grens tussen die wit- en bruingemeenskap, alhoewel drie kleurlinggesinne oorkant die straat in die wit gebied gewoon het.

Verwysing:
NGK Argief: GEM-K 1929