1918
’n Dokument in die VGK Argief verwys na die bou van ‘n klein kerkie
20 Julie 1918
“Die Voorsitter maak aan die Kerkraad bekend dar die kerkie, wat pas voltooi is en usor gewyd is te Kasteel, en £220 kos, bykans afbetaal is. Met nog enige uitstaande kontribusies sal die bedrag gedek kan word.”
Dis is onduidelik of die brief verwys na die bou van ’n klein sendingkerk. Rekords wys dat die kleurlinggemeente kerk gehou het in ’n klein gebou langs die ou NG Kerk vir wit lidmate. In 1914 het die wit kerk geskuif na ’n nuwe kerk in die middel van die dorp, en volgens die kerkraad se notules het die wit kerkraadslede ’n nuwe venue vir die kleurlinggemeente gesoek.
Verwysing:
VGK Argief