Historiese Tydlyn

1881 tot 1922

Om ’n chronologiese oorsig van die geskiedenis van Oukloof en sommige van die gebeure wat na die gedwonge verskuiwing en vestiging van Esterhof gelei het te besigtig, rol asseblief deur die tydlyn onder. Argiefdokumente is voorsien om tot Oukloof se verhaal by te dra.

1881

’n Kopie van ‘n boek met kleurlinglede van ‘n Riebeek-Kasteel NG Kerkgemeente, geskryf deur Dominee (Ds) Johannes Stephanus Hauman, lys lede van 1881 tot 1907.

Lees meer…

1918

’n Dokument in die VGK Argief verwys na die bou van ‘n klein kerkie

Lees meer…

1919

’n Welgestelde boer, George J Euvrard Snr (1865 – 1932), bied aan om ’n deel van sy plaas aan die NG Kerk te skenk vir die stigting van ’n kleurling sendingstasie, sodat wit en bruin leefareas in Riebeek-Kasteel geskei kan word.

Lees meer…

1921

Samesprekings word gehou deur die NG Kerkraad oor die behoefte aan ’n sendingskool vir kleurlingkinders.

Lees meer…

1922

Die eiendom erf 216 word van George Euvrard Snr. aan die NG Kerk oorgedra, op voorwaarde dat dit gebruik word vir die stigting van ’n kleurlinglokasie.