Die Weg Vorentoe

Daar is geen padkaart wat ons kan gebruik om die pad vorentoe te bepaal nie. Een ding is wel seker, om ’n blinker toekoms saam te bereik kan net gebeur met volgehoue dialoog en insig.

Hierdie dialoog en insig moet begin op ’n selfondersoekende vlak. Of dit nou beteken om eerlik met onsself oor die onreg van die verlede te wees, of om te besluit op die afstand wat ons gewillig is om af te lê vir ’n beter toekoms vir ons kinders.

Die dialoog wat met die voormalige Ouklowers begin is, sal in die groter gemeenskap uitbrei en voortbou. Uit hierdie proses uit word daar gehoop om ’n verstandhouding tussen die verskillende gemeenskappe in die vallei te kan vorm tot op ’n vlak waar beter samewerking kan plaasvind.

Die dialoog moet ook die jonger generasie, wat belas gaan word om die nalatenskap en erfenis van die vallei in die toekoms op hul skouers te dra, insluit. Die potensiële positiewe uitkoms om die volgende generasie in die proses te betrek, wissel van die vermyding om dieselfde foute van die verlede te herhaal, tot hoe om situasies in uiteenlopende gemeenskappe te hanteer.

Daar is ’n paar haalbare projekdoelwitte onder bespreking wat gelei word deur sommige van die voormalige Ouklowers, wat sal help om ’n volgehoue dialoog en insig vir die toekoms te skep. Dit sluit in:

  1. ’n Gedenk- of Versoenigsfotoboek
  2. ’n Oukloofgedenksteen
  3. Hierdie Erfenis webblad
  4. en verskeie museum en toerisme inisiatiewe

Bogenoemde sal hopelik die vallei help om ’n gemeenskap te vorm van mense wat gewillig is om die verlede te bespreek om sodoende ’n positiewe toekoms te skep.

Die eenvoudigste manier om voort te gaan, is om eerlik met ons vriende en familie te praat oor die behoefte om die verlede aan te spreek, om sodoende ’n blinker toekoms saam te bewerkstellig.