Deel Jou Stories
Indien u ’n ou inwoner van die Riebeek-vallei is, familie of vriende in die vallei het, of in die geskiedenis van Oukloof belangstel, dan wil ons graag van u hoor. Of dit ’n storie oor die verlede is, of ’n opinie oor Oukloof Legacy, of ’n indruk oor die uitwerking van die proses is, dan kan u ons kontak by 021 254 1452 of info@oukloof.riebeeklegacy.org.za.
Ons wil veral meer hoor by inwoners (van alle rasse) wat in Riebeek-Kasteel en Oukloof gedurende die 1960s gebly het.