Oukloof
Oorsig van kaart:
Erf 216 | Oukloof se ligging was in die buitewyke van Riebeek-Kasteel op erf 216. Dit was in 1921 gestig nadat ’n boer genaamd George J Euvrard Snr die grond aan die NG Kerk geskenk het vir die doel om ’n kleurlingsendingstasie te stig. Erf 216 is opverdeel in kleiner erwe en het ’n sloot gehad wat aan die kant van die groot erf geloop het. Die erf was omring met wingerde en ’n bloekombos, wat deur die Euvrard-familie besit is, aan die suidoostelike en suidwestelike kant, Hermonweg aan die noordoostelike kant en Kloofstraat aan die noordwestelike kant. |
Erf 201 | ’n NG Sendingkerkie was reeds op erf 201 gebou. |
Erf 333 | Oorkant Kloofstraat was erf 333. Voor die ontstaan van Oukloof was daar reeds bruin huisgesinne wat daar gewoon het. ’n Reservoir vir water was aan die onderkant van die erf. |
Erf 190- 197 | Bruin huisgesinne het ook hier voor die stigting van Oukloof gewoon. |
Van Riebeeck Street (straat 40) | Dit was beskou as die grens tussen die bruin en wit gemeenskap, wat oorkant die straat gebly het. Drie bruin huisgesinne het ook in die wit gedeelte in Van Riebeeckstraat gebly. |