Die Kriel-Familie

Plot 21

Vrou:Sandra Kriel (née Kouris)
Man:Jan Kriel
Het vyf kinders gehad:Karel Kriel - oorlede
*Willem Kriel - eef nog / later getroud met Eva Ceaser
Samuel Kriel - oorlede
Jan Kriel - oorlede
Anna Kriel - oorlede

Hierdie is ’n uittreksel uit Will Kriel se onderhoud:

“My pa het op die plase gewerk voordat hy in die boubedryf gaan werk het. My ma is dood toe ek vier jaar oud was en my pa het nooit weer getrou terwyl ons in Oukloof gebly het nie. Hy het my geleer kitaar speel. Op Saterdagaande het almal bymekaar gekom. Ek het dan kitaar gespeel en hulle het gesing.

Hy het ons huis langs die sloot gebou. Sy suster het oorkant die sloot gebly en ons het tussen Oom Sarel en Oom Piet Ceaser gebly. Ons het net een slaapkamer met drie beddens gehad gehad. My suster het alleen op die een bed geslaap, my een broer het sy eie bed gehad, en ek en my broers het ’n bed met my pa gedeel. Daar was een venster, maar ons het nie glas gehad nie so toe maak ons dit met hout toe sodat ons dit in die dag kan oopmaak.

Ons het hoenders en varke gehad, maar toe die damwal gebreek het, het hulle almal weggespoel. Ek was by die huis daai dag en het net gekyk hoe die water in die sloot afkom en al die diere wegvat.

Ek het skool gegaan in die kerkie in die lokasie, maar moes skool verlaat in Standerd 3 om saam met my pa op die plase te werk.”