Dra By

Finansiële donasies bied ’n waardevolle geleentheid aan enigiemand om tot die sukses van Oukloof Legacy by te dra. Nie almal kan hul tyd en energie skenk om die ideale van die proses te help realiseer nie, maar ’n finansiële bedrae is ’n eenvoudige manier om te help om die verlede aan te spreek, om sodoende ’n meer inklusiewe en blinker toekoms te skep.

Daar is verskeie potensiële uitvloeisels wat befondsing nodig sal hê, en skenkings is baie welkom. Ons het onlangs ’n stokvelrekening geopen met die doel om ’n gedenksteen vir Oukloof en voormalige Ouklowers te befonds. Donasies sal deur hierdie stokvel hanteer word, en gereelde terugvoer sal gegee word afhangende van die grootte en gebruik van die fondse.

Toekomstige geldinsameling sal fokus op ondernemings om ’n gelyke Riebeek-vallei erfenis te verryk, en om ’n volhoubare nalatenskap te skep wat al die gemeenskappe in die vallei insluit.